Bestandele
- 2 x 200 g pakkies Bakers Blue Label Marie beskuitjies
- 45 ml drinksjokoladepoeier
- 120 g botter
- 1 x 397 g blikkie kondensmelk
- 175 g mini malvalekkers
- 100 g droë klapper
Lewer ongeveer 25 – 30.
Instruksies
Verkrummel die Bakers Blue Label Marie beskuitjies saam met die drinksjokoladepoeier in ’n voedselverwerker.
Smelt die botter saam met die kondensmelk en meng dit deeglik met die beskuitjiemengsel.
Maak jou hande effens nat en sit ’n eetlepel van die mengsel in die palm van jou hand en druk dit plat.
Sit ’n malvalekker in die middel en vorm ’n ‘kombersie’ van die mengsel rondom die malvalekker. Rol die balletjie nou in die klapper.
Doen so voort totdat al die bestanddele opgebruik is. Verkil voor opdiening.
NS: Hierdie resep kan vir groot gesinspret sorg. Dit is maklik om te maak en verskaf ‘kwali- tyd’ met die kroos in die kombuis. Dit laat mens wonder wat is die lekkerste: om te maak of om te eet?
Pingback: Fudge met Eat-sum-mor koekies | Kreatiewe Kos Idees
Pingback: Sneeuballetjies | Kreatiewe Kos Idees