
Step aside chips and dip! The parmesan crisp, made with Bakers SALITICRAX, has arrived! A fantastic snack to serve up to guests before the meal – impressive on the plate and heavenly to taste!
Bestandele
Instruksies
Breek die Bakers SALTICRAX in fyn stukkies en sit dit in ’n bak. Rasper die kaas met ’n rasper met klein gaatjies.
Meng die kaas met die krummels en pak lepelsvol van die mengsel in klein hopies op ’n kleefvrye silikoonplaat of ’n gesmeerde bakplaat. Maak seker dat hul ten minste 5 cm uitmekaar is. Druk die hopies plat met die agterkant van ’n lepel.
Bak dit op die middelste rak van ’n voorverhitte oond teen 150 ºC vir 5 – 6 minute of tot goudbruin. Haal uit die oond en laat effens afkoel. Verwyder die skyfies met ’n spatel of ’n paletmes. Plaas op ’n draadrak om af te koel.
Om die blatjang te maak: verhit die olie en voeg die ui en appel by. Soteer tot sag en glasig en voeg die res van die bestanddele, behalwe die sout en peper by. Bring tot kookpunt, verlaag die hitte en prut vir 10 – 15 minute of tot die appels sag is (maar nie pap nie) en die vloeistowwe verdamp en verdik het. Geur na smaak en bedien met die parmesaan-skyfies.
Lewer ongeveer 16.
NS: Net regte parmesaankaas sal deug – geen ander plaasvervangers moet gebruik word nie want dan werk die resep gewoon nie.




