Maak hierdie inoverende en genotvolle kaaskoek resep. Gebruik Bakers Tennis beskuitjies, baie lemoengeursel en glanskersies. Drup met gesmelte sjokolade vir ‘n ekstra spesiale verassing.
Bedien 6 – 8.
Bestandele
- 125 g botter
- 250 ml strooisuiker
- 1 klein eier
- 250 g geroomde maaskaas
- 10 ml gerasperde suurlemoenskil
- 15 ml suurlemoensap
- 15 Bakers Tennis beskuitjies
- 15 geglaseerde kersies
- 200 g wit sjokolade (opsioneel)
Instruksies
Klop die botter en suiker saam tot lig van kleur. Voeg die eier by en klop goed. Meng die maaskaas, suurlemoenskil en -sap by. Indien nodig moet die mengsel in die yskas geplaas word om stewiger te raak.
Rangskik die Bakers Tennis beskuitjies in drie rye van vyf op ’n groot stuk foelie. Maak seker dat die bo-kant van die koekies na die foelie toe wys. Smeer die maaskaasmengsel op die beskuitjies. Rangskik die kersies in ’n reguit lyn in die middel. Lig die beskuitjies van die buitekant af na binne met die hulp van die foelie. Vou na mekaar om ’n driehoek te vorm. Draai die kaaskoek stewig in die foelie toe en vries.
Haal die kaaskoek uit die vrieskas (net voor opdiening) en verwyder die foelie. Indien jy sjokolade gebruik, smelt die sjokolade en smeer dit oor die koek. Laat staan die koek ’n paar minute sodat die sjokolade kan stol. Sny die koek dan in skyfies en bedien dadelik.
NS: Hierdie is ongetwyfeld een van die mees voortreflikste kaaskoeke wat nog ooit geskep is deur Bakers Tennis beskuitjies te gebruik. Wys jou net – tradisie het beslis ’n plek in die toekoms!