Bak hierdie heerlike soet en dekadente tert gebruik Bakers Marie-beskuitjies en maak enige sjokolade liefhebber se drome waar. Bedien voor met vars room of vanieljeroomys.
Bedien 6 – 8.
Bestandele
- 1 x 200 g pakkie Bakers Blue Label Marie beskuitjies
- 45 ml kakaopoeier
- 150 ml strooisuiker
- 150 ml gesmelte botter
- 3 medium eiers
- 125 ml room
- 400 g gesmelte donkersjokolade
- 10 ml vanieljegeursel
- ekstra kakaopoeier
- fyn repies lemoenskil en lemoenskyfies, gedoop in sjokolade
Instruksies
Verkrummel die Bakers Blue Label Marie beskuitjies in ’n voedselverwerker en voeg die kakaopoeier en helfte van die strooisuiker by. Voeg die gesmelte botter by en verwerk tot goed gemeng. Druk die mengsel op die boom en teen die kante van ’n gesmeerde 28 cm-deursnee losboom randkoekpan vas.
Klits die eiers en orige strooisuiker saam tot lig van kleur. Meng die room, sjokolade en vanielje by. Giet die mengsel in die kors.
Bak in ’n voorverhitte oond teen 180 oC vir 25 – 30 minute of totdat die vulsel net-net gestol is. Verwyder uit die oond en laat afkoel.
Verwyder die tert uit die pan en plaas op ’n bord. Strooi die ekstra kakaopoeier bo-oor en versier met die lemoenskil en lemoenskyfies wat in sjokolade gedoop is.